Haggai 2:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
In die sewende maand, op die een en twintigste dag van die maand, het die woord van die HERE deur die profeet Haggai gekom en gesê:
Afrikaans (NLV) 2011
Op 17 Oktober van dieselfde jaar het die Here weer vir die profeet Haggai ’n boodskap gegee.
Afrikaans 1933/1953
Op die een en twintigste dag van die sewende maand het die woord van die HERE deur die diens van die profeet Haggai gekom en gesê:
Afrikaans 1983
Op die een en twintigste van die sewende maand, in die tweede regeringsjaar van koning Darius, het die woord van die Here weer deur die profeet Haggai gekom:
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Op die een-en-twintigste dag van die sewende maand het die woord van die Here gekom by monde van die profeet Haggai:
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Op die 21ste dag van die sewende maand het die Here weer die profeet Haggai gestuur om vir hulle 'n boodskap te bring.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Op 17 Oktober van dieselfde jaar het die Here weer vir Haggai ’n boodskap vir die volk gegee.