Haggai 2:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe sê Haggai: As iemand wat deur 'n dooie liggaam onrein is, aan een van hierdie dinge raak, sal dit onrein wees? En die priesters antwoord en sê: Dit sal onrein wees.
Afrikaans (NLV) 2011
Haggai vra toe: “Sê nou iemand het onrein geword omdat so ’n persoon aan ’n lyk geraak het. As hy dan raak aan al die dinge wat reeds genoem is, is die goed dan ook onrein?” Die priesters het geantwoord: “Ja.”
Afrikaans 1933/1953
Daarop sê Haggai: As iemand wat deur 'n lyk verontreinig is, aan al hierdie dinge sou raak, sal dit onrein wees? En die priesters het geantwoord en gesê: Dit sal onrein wees.
Afrikaans 1983
Toe sê Haggai: As iemand wat onrein is deurdat hy aan 'n lyk geraak het, aan hierdie dinge sou raak, sou hulle dan onrein word? Die priesters het geantwoord: “Ja, dit sal onrein word!”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Haggai vra toe: “As iemand wat •onrein is deur aanraking met 'n lyk aan enige van hierdie dinge raak, is dit dan onrein?” Die priesters het geantwoord: “Dit sal onrein wees.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Toe vra Haggai: “Wanneer iemand aan 'n lyk raak en hy word onrein, en hy raak dan aan hierdie kos, sal die kos ook onrein word?” En die priesters het geantwoord: “Ja, die kos sal onrein word.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Toe vra Haggai verder: “As iemand besmet is omdat hy aan ’n lyk gevat het en hy raak nou aan al hierdie kos wat genoem is, is die kos dan nou ook vuil?” Die priesters se antwoord op die vraag was: “Ja.”