Haggai 2:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe antwoord Haggai en sê: So is dit met hierdie volk en so is hierdie nasie voor my aangesig, spreek die HERE; en so is elke werk van hulle hande; en wat hulle daar offer, is onrein.
Afrikaans (NLV) 2011
Toe sê Haggai: “Dit geld ook vir hierdie mense en hierdie volk, sê die Here. Net mooi alles wat hulle doen en wat hulle offer, is onrein.
Afrikaans 1933/1953
Toe antwoord Haggai en sê: So is in my oë hierdie volk en so hierdie nasie, spreek die HERE, en so is al die werk van hulle hande en wat hulle dr offer -- onrein is dit.
Afrikaans 1983
Haggai sê toe: Só is hierdie volk, hierdie nasie in my teenwoordigheid, sê die Here, só is alles wat hulle doen: elke offer wat hulle na my tempel toe bring, is onrein!
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hierop sê Haggai toe: “Dit is hoe hierdie volk is, ja, dit is hoe hierdie nasie voor My is, is die uitspraak van die Here, en ook al die werk van hulle hande: Alles wat hulle daar offer, is onrein.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Toe sê Haggai: “Die Here sê: So is hierdie volk, so is hierdie mense voor My. En so is alles wat julle doen. Alles wat julle na die tempel bring om te offer, is onrein.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Toe het Haggai begin verduidelik wat die Here wou hê sy volk moet verstaan. Hy het gesê: “Die mense is vuil en besmet. My volk is vuil en besmet. Alles wat hulle doen en waaraan hulle raak, is besmet.”