Haggai 2:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Van daardie dae af, toe 'n mens by 'n hoop van twintig mate gekom het, was daar maar tien; toe 'n mens by die persvet kom om vyftig houers uit die pers te haal, was daar maar twintig.
Afrikaans (NLV) 2011
Toe julle gehoop het vir ten minste twintig mate koring, het julle net tien geoes. En toe julle verwag het om darem 50 vate wyn uit die pers te kry, het dit net twintig opgelewer.
Afrikaans 1933/1953
in die tyd het iemand gekom by 'n koringmied van twintig maat, en daar was maar tien; hy het gekom by die parskuip om vyftig emmers te skep, en daar was maar twintig.
Afrikaans 1983
het julle by 'n hoop koring gekom en net die helfte van wat julle geskat het, daaruit gedors. Julle het na 'n parskuip toe gegaan om vyftig vate vol te skep, maar julle het net twintig gekry.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
As iemand na 'n koringmied van twintig mate gegaan het, was daar maar net tien! As hy na die parskuip gegaan het om vyftig mate wyn uit die kuip te skep, was daar maar net twintig.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
het julle swaargekry. “Wanneer iemand by 'n hoop koring gekom het en gedink het daar is 20 kruike vol koring, dan was daar net tien. Wanneer hy by 'n parskuip gekom het en gedink het daar is 50 kruike vol wyn, dan was daar net 20.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Van die verwagte koringoes is net die helfte ingesamel. Dit het ook nie beter gegaan met die wynoes nie. Minder as die helfte van die verwagte hoeveelheid wyn is gekry.