Haggai 2:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Ek het jou geslaan met blaaskorrels en met heuningdou en met hael in al die arbeid van jou hande; tog het julle julle nie tot My gewend nie, spreek die HERE.
Afrikaans (NLV) 2011
Ek het brandkoring, heuningdou en hael gestuur om julle handewerk te vernietig. Tog, ten spyte daarvan, het julle geweier om na My toe terug te kom, sê die Here.
Afrikaans 1933/1953
Ek het julle swaar getref met brandkoring en heuningdou en hael -- al die werk van julle hande -- nogtans het niemand van julle hom tot My gewend nie, spreek die HERE.
Afrikaans 1983
Ek het julle oes, die vrug van julle handewerk, swaar getref met brandkoring, heuningdou en hael, en nogtans het niemand hom tot My bekeer nie, sê die Here.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ek het julle getref met skimmel en witroes en hael, ja, al die werk van julle hande, maar julle wou nie na My terugkeer nie, is die uitspraak van die Here.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Hoekom? Ek het julle gestraf, Ek het julle koring siek laat word. Ek het hael gestuur om julle koring en alles wat julle geplant het, stukkend te slaan. Maar julle het nie gevra dat Ek julle moet help nie,” sê die Here.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Maar al was dit ook so dat siektes en hael julle oeste geslaan het, het julle julle nogtans nie aan die Here gesteur nie.