Haggai 2:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Let nou op van vandag af en verder, van die vier en twintigste dag van die negende maand af, ja, van die dag af dat die fondament van die tempel van die HERE gelê is, let daarop.
Afrikaans (NLV) 2011
“Let baie mooi op wat van vandag af, 18 Desember, die dag waarop die fondamente van die tempel gelê is, sal gebeur:
Afrikaans 1933/1953
Merk tog op, van hierdie dag af terug, van die vier en twintigste dag van die negende maand, naamlik van die dag af toe hulle die fondament van die tempel van die HERE gelê het; merk op:
Afrikaans 1983
Maar nou, let op wat van vandag af en verder sal gebeur, van die vier en twintigste dag van die negende maand af, die dag waarop die fondamente van die tempel van die Here gelê is. Let op!
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
“ Neem ter harte hoe dit van vandag af gaan wees, van die vier-en-twintigste dag van die negende maand af, die dag waarop die fondament van die tempel van die Here gelê is; ja, neem dit ter harte.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
“Vandag is die 24ste dag van die negende maand, en julle het nou die fondament van die Here se tempel klaar gebou. Julle moet kyk wat van nou af sal gebeur.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
“‘Vandag, die agtiende Desember, is die dag waarop die fondasie van die tempel gelê is. Dit is ’n keerpunt. Van hier af aan gaan dinge vir julle verander, daarop kan julle reken.