Haggai 2:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En die woord van die HERE het weer tot Haggai gekom op die vier en twintigste dag van die maand en gesê:
Afrikaans (NLV) 2011
Die Here het op 18 Desember ’n tweede boodskap vir Haggai gegee:
Afrikaans 1933/1953
Vir die tweede maal het die woord van die HERE tot Haggai gekom op die vier en twintigste van die maand en gesê:
Afrikaans 1983
Op die vier en twintigste van die negende maand het die woord van die Here nog 'n keer tot Haggai gekom:
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Dit is die tweede woord van die Here tot Haggai op die vier-en-twintigste dag van die maand:
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die Here het weer met Haggai gepraat op die 24ste dag van die maand en vir hom gesê:
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Op die agtiende Desember het die Here nog ’n boodskap vir Haggai gegee.