Haggai 2:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En Ek sal die troon van die koninkryke omverwerp en die sterkte van die koninkryke van die nasies vernietig; en Ek sal die strydwaens en die wat daarop ry, omkeer; en die perde en hulle ruiters sal afkom, elkeen deur die swaard van sy broer.
Afrikaans (NLV) 2011
Ek gaan konings se ryke omverwerp. Ek gaan die mag van koninkryke vernietig. Ek gaan strydwaens en hulle bemanning omdop. Die perde sal neerslaan en die ruiters sal mekaar doodmaak.
Afrikaans 1933/1953
En Ek sal die koningstrone omverwerp en die mag van die heidense koninkryke verdelg; en Ek sal die strydwaens en die wat daarop ry, omverwerp, en die perde en hulle ruiters sal val, die een deur die swaard van die ander.
Afrikaans 1983
Ek gaan die trone van konings omgooi en die mag van die koninkryke van die nasies vernietig. Ek gaan strydwaens met bemanning en al omgooi. Perde met hulle ruiters sal omkom, die een sal die ander met die swaard doodmaak.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ek gaan die koninklike trone omverwerp en die nasies se magtige koninkryke verwoes. Ek gaan die strydwaens met hulle drywers omkeer; die perde sal neerval en die ruiters sal mekaar met die swaard ombring.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Konings sal van hulle trone moet afklim. Ek sal hulle swak maak en Ek sal die oorlogkarre omgooi en die soldate doodmaak wat op hulle ry. Die perde en die manne wat op hulle ry, sal sterf. Die manne sal mekaar doodmaak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Verder gaan Hy ook koninkryke laat ondergaan en hulle mag van hulle af wegneem. Niks sal van volke se wapentuig en soldate oorbly nie en hulle perderuiters sal mekaar afmaai.