Haggai 2:23 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
In dié dag, spreek die HERE van die leërskare, sal Ek jou neem, Serubbabel, my kneg, die seun van Sealtiël, spreek die HERE, en Ek sal jou maak as 'n seëlring, want Ek het jou uitverkies, spreek die HERE van die leërskare.
Afrikaans (NLV) 2011
“Die dag wanneer dit gebeur, sê die Here, die Almagtige, sal Ek jou vereer, Serubbabel, seun van Sealtiël, my dienskneg. Ek sal jou beskou soos ’n seëlring aan my vinger, sê die Here. Ek sal dit doen omdat Ek jou gekies het. Ek, die Here, die Almagtige, sê dit!”
Afrikaans 1933/1953
In die dag, spreek die HERE van die leërskare, sal Ek jou neem, Serubb bel, seun van Se ltiël, my kneg, spreek die HERE, en jou maak tot 'n seëlring, want jou het Ek verkies, spreek die HERE van die leërskare.
Afrikaans 1983
Daardie dag sal Ek jou vat, sê die Here die Almagtige, en jou, my dienaar Serubbabel seun van Sealtiël, 'n seëlring maak, want Ek het jou uitgekies, sê die Here die Almagtige.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
“ ‘Op daardie dag,’ is die uitspraak van die Here, Heerser oor alle magte, ‘sal Ek jou, my dienaar, Serubbabel, seun van Sealtiël, neem,’ is die uitspraak van die Here, ‘en Ek sal jou soos 'n seëlring maak omdat Ek jou uitverkies het.’ Dit is die uitspraak van die Here, Heerser oor alle magte.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
“Die Here wat oor alles regeer, sê: Daardie dag sal jy, my dienaar Serubbabel, vir My soos 'n seëlring wees, want Ek het jou gekies om koning te word.” Dit sê die Here wat oor alles regeer.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die Here sê wanneer al hierdie dinge gaan gebeur, gaan Hy Serubbabel gebruik. Hy het hom uitgekies om ’n leier te wees en daarom gee Hy aan hom gesag soos wat ’n koning het, want die Here wie se mag sonder perke is, het gesê dit is wat Hy gaan doen.