Haggai 2:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Wie het onder julle oorgebly wat hierdie huis in haar eerste heerlikheid gesien het? en hoe sien jy dit nou? is dit nie in jou oë in vergelyking daarmee as niks nie?
Afrikaans (NLV) 2011
Is daar nog enigiemand wat kan onthou hoe hierdie huis, die tempel, vroeër gelyk het? Hoe vergelyk die tempel nou met daardie een van vroeër? Daar is geen vergelyking nie, nie waar nie!
Afrikaans 1933/1953
Wie is onder julle nog oor wat hierdie huis in sy vroeëre heerlikheid gesien het? En hoedanig sien julle dit nou? Lyk dit nie net soos niks in julle oë nie?
Afrikaans 1983
Wie van julle het gesien hoe mooi die vorige tempel was? Hoe lyk dié een vir julle? Lyk hy nie na niks in vergelyking met die vorige nie?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
‘ Wie onder julle het oorgebly wat hierdie huis van die Here in sy vroeëre heerlikheid gesien het? En wat sien julle nou daarvan? Lyk dit nie na niks teen die vorige een nie?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Wie van julle wat nog lewe, het voorheen my tempel gesien toe dit so mooi was? Hoe lyk hierdie tempel nou vir julle? Nie mooi nie!
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hoeveel is daar van julle wat die eerste tempel gesien het toe dit nog ’n pragtige gebou was? Hoe lyk die gebou nou vir julle? Totaal en al na niks!”