Haggai 2:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Maar wees nou sterk, Serubbabel, spreek die HERE; en wees sterk, o Josua, seun van Josédek, die hoëpriester; en wees sterk, alle volke van die land, spreek die HERE, en werk; want Ek is met julle, spreek die HERE van die leërskare.
Afrikaans (NLV) 2011
Maar skep moed, Serubbabel, skep moed, Jesua, seun van Josadak, die hoëpriester, sê die Here. Ook al die mense wat nog in die land oor is, moet moed skep, sê die Here. Skep moed en doen die werk, want Ek is by julle, sê die Here, die Almagtige.
Afrikaans 1933/1953
Nou dan, skep moed, Serubb bel, spreek die HERE, en skep moed, Josua, hoëpriester, seun van Josadak, en skep moed, julle almal, volk van die land, spreek die HERE, en werk! Want Ek is met julle, spreek die HERE van die leërskare,
Afrikaans 1983
Maar nou, Serubbabel, skep moed, sê die Here, en jy Jesua seun van Josadak, hoëpriester, skep moed, en julle almal, burgers van die land, skep moed, sê die Here! Begin met die werk, want Ek is by julle, sê die Here die Almagtige.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Daarom, hou moed, Serubbabel,’ is die uitspraak van die Here. ‘Hou moed Josua, seun van Jehosadak en hoëpriester! Hou moed, volk van die land, is die uitspraak van die Here. Werk, want Ek is by julle, is die uitspraak van die Here, Heerser oor alle magte.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Maar Ek, die Here, sê: Julle moet sterk wees. Serubbabel en Jesua en al die mense van die land, julle moet sterk wees en werk, want Ek is by julle.” Dit sê die Here wat oor alles regeer.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Maar nou sê die Here vir Serubbabel dat hy en Jesua en die hele volk moed moet skep en aan die tempel moet begin werk. Die Here wat alle mag tot sy beskikking het, beloof dat hulle op sy hulp kan staatmaak.