Haggai 2:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Volgens die woord wat Ek met julle gesluit het toe julle uit Egipte uitgetrek het, so bly my gees in julle midde; wees nie bevrees nie.
Afrikaans (NLV) 2011
My Gees sal by julle bly soos Ek julle belowe het toe julle uit Egipte getrek het. Julle moet glad nie bang wees nie.”
Afrikaans 1933/1953
met betrekking tot die verbond wat Ek met julle gesluit het by julle uittog uit Egipteland, en my Gees sal in julle midde bestendig bly; wees nie bevrees nie!
Afrikaans 1983
My belofte wat Ek met die uittog uit Egipte aan julle gemaak het, sal Ek nakom: my Gees sal altyd by julle bly. Moenie bang wees nie!
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Dit is die belofte wat Ek teenoor julle afgelê het toe julle uit Egipte getrek het: My Gees sal altyd in julle midde bly. Moenie bang wees nie.’ ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
“Toe julle weggegaan het uit Egipte, het Ek belowe dat Ek julle sal help. Ek het my belofte nie vergeet nie. Moenie bang wees nie, Ek is by julle.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hy sê: “Toe julle uit Egipte gevlug het, het Ek belowe dat my Gees altyd saam met julle sal wees. Daarom moet julle nie nou bang wees nie!”