Haggai 2:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Want so sê die HERE van die leërskare: Nog een maal, dit is 'n klein tydjie, en Ek sal die hemel en die aarde en die see en die droë grond laat bewe;
Afrikaans (NLV) 2011
Dit is wat die oppermagtige Here sê: “Binnekort gaan Ek die hemel en die aarde weer skud. Ek gaan die oseane en die droë grond skud.
Afrikaans 1933/1953
Want so sê die HERE van die leërskare: 'n Rukkie nog, 'n kort tydjie, dan sal Ek die hemel en die aarde en die see en die droë grond laat bewe.
Afrikaans 1983
So sê die Here die Almagtige: Nog een keer, binnekort, sal Ek hemel en aarde, see en land laat bewe.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
“ Die Here, Heerser oor alle magte het immers gesê, ‘Nog een keer, binnekort, sal Ek die hemel en die aarde en die see en die droë grond laat bewe.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ja, die Here wat oor alles regeer, sê: “Ek sal nog een maal die hemel en die aarde, die see en die land, skud. Ek sal dit gou doen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die Here sê: “As die hemel, die aarde, die see en die droë grond weer op ’n keer skud en bewe, sal julle weet dat Ek by julle is. Dit sal julle daaraan herinner.