Haggai 2:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En Ek sal al die nasies laat skud, en die begeerte van al die nasies sal kom; en Ek sal hierdie huis met heerlikheid vul, spreek die HERE van die leërskare.
Afrikaans (NLV) 2011
Al die volke gaan Ek ook skud. Al hierdie nasies se skatte sal na hierdie tempel toe gebring word. Ek sal hierdie plek met heerlikheid vul, sê die Here, die Almagtige.
Afrikaans 1933/1953
Ek sal ook al die nasies laat bewe, sodat die skatte van al die nasies sal toevloei; en Ek sal hierdie huis met heerlikheid vervul, sê die HERE van die leërskare.
Afrikaans 1983
Dan sal Ek al die nasies laat wakker skrik en hulle sal met hulle skatte kom en so sal Ek hierdie huis met rykdom vul, sê die Here die Almagtige.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ek sal al die nasies laat bewe en hulle sal kom met al hulle skatte en Ek sal hierdie huis met heerlikheid vul,’ sê die Here, Heerser oor alle magte.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Dan sal al die volke hulle mooi en duur goed bring en hulle sal die tempel daarmee volmaak.” Dit sê die Here wat oor alles regeer.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Ek sal al die nasies se regerings laat ondergaan. So sal hulle kosbare skatte in die tempel beland. Ek sal hierdie huis van My ’n plek maak wat mense sal bewonder. Hulle sal aanvoel dat Ek daar is in my grootheid.