Haggai 2:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Die silwer is myne en die goud is myne, spreek die HERE van die leërskare.
Afrikaans (NLV) 2011
Die silwer en die goud behoort aan My, sê die Here, die Almagtige.
Afrikaans 1933/1953
Aan My behoort die silwer en aan My die goud, spreek die HERE van die leërskare.
Afrikaans 1983
Aan My behoort al die silwer, aan My al die goud, sê die Here die Almagtige.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
‘Aan My behoort die silwer en aan My behoort die goud,’ is die uitspraak van die Here, Heerser oor alle magte.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
“Al die silwer en al die goud is Myne,” sê die Here wat oor alles regeer.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Maar daar is nog iets wat julle moet weet: dit is dat al die silwer en die goud op aarde in elk geval Myne is.