Hebrews 1:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En: U, Here, het in die begin die aarde gelê; en die hemele is die werke van u hande.
Afrikaans (NLV) 2011
En verder: “O Here, U het heel aan die begin die fondamente van die aarde gelê, en die hemele is u handewerk.
Afrikaans 1933/1953
en: U, o Here, het in die begin die aarde gegrondves en die hemele is werke van u hande.
Afrikaans 1983
En verder: “U, Here, het in die begin die aarde gevestig, en ook die hemel is die werk van u hande.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
En: “U het aan die begin, o Here, die aarde se fondamente gegrondves, en die hemele is die werk van u hande.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
En God het ook gesê: U, o Here, het lank gelede die aarde vas laat staan, U het self die hemel gemaak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
God sê nog ander dinge ook oor sy Seun. Hy sê: “Here, U het alles begin. U het die aarde gemaak. Met u hande het U die hemel sy vorm gegee.