Hebrews 1:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Hulle sal omkom; maar jy bly; en hulle sal almal oud word soos 'n kleed;
Afrikaans (NLV) 2011
Hierdie dinge sal vergaan, maar U bly vir altyd. Hulle sal almal soos klere verslete raak.
Afrikaans 1933/1953
Hulle sal vergaan, maar U bly; en hulle sal almal soos 'n kleed verslyt,
Afrikaans 1983
Dié dinge sal vergaan, maar U bly bestaan; soos 'n kledingstuk sal alles verslyt;
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hulle sal vergaan, maar U bly bestaan. Soos 'n kledingstuk sal hulle almal verslyt,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die aarde en die hemel sal verdwyn, maar U sal altyd daar wees. Hulle sal word soos ou klere,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Al hierdie dinge sal eendag vergaan en nie meer daar wees nie. Soos ’n stuk klere stukkend gaan en uiteindelik weggegooi word, so sal al dié dinge ook eendag verdwyn, maar U sal vir altyd daar wees.