Hebrews 1:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En as 'n kleed moet jy hulle toevou, en hulle sal verander word; maar jy is dieselfde, en jou jare sal nie ophou nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Soos ’n oorkleed sal U hulle oprol; soos ’n bo-kleed sal hulle verander word. Maar U bly steeds Uself en U leef vir altyd.”
Afrikaans 1933/1953
en soos 'n mantel sal U hulle toerol, en hulle sal verander word, maar U is dieselfde, en u jare het geen einde nie.
Afrikaans 1983
soos klere sal U dit oprol; ja, soos 'n kledingstuk sal dit vervang word. Maar U, U bly dieselfde, en u jare het geen einde nie.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
en soos 'n mantel sal U hulle oprol; soos 'n kledingstuk sal hulle vervang word, maar U bly dieselfde, en u jare sal nie tot 'n einde kom nie.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
en U sal hulle opvou soos klere, soos wanneer 'n mens ou klere uittrek en nuwe klere aantrek. Maar U bly altyd dieselfde, en U lewe vir altyd.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Soos klere sal U alles wat gemaak is, opvou en iets anders in die plek daarvan sit. U bly egter vir ewig en altyd dieselfde. U word nooit oud nie en sal ook nooit doodgaan nie.”