Hebrews 1:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Maar aan wie van die engele het hy ooit gesê: Sit aan my regterhand totdat Ek u vyande gemaak het 'n voetbank vir u voete?
Afrikaans (NLV) 2011
En God het nooit aan ’n engel gesê nie: “Sit aan my regterhand totdat Ek jou vyande heeltemal aan jou onderwerp het.”
Afrikaans 1933/1953
En aan watter een van die engele het Hy ooit gesê: Sit aan my regterhand totdat Ek u vyande gemaak het 'n voetbank van u voete?
Afrikaans 1983
Van watter engel het Hy ooit gesê: “Sit aan my regterhand, totdat Ek jou vyande aan jou onderwerp het”?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Aan wie van die engele het Hy ooit gesê: “Sit aan my regterhand, totdat Ek jou vyande 'n voetbank vir jou voete gemaak het.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ja, God het nooit vir een van die engele hierdie woorde gesê nie: Sit hier langs My, op die belangrikste plek, Ek sal jou vyande voor jou laat buig, en jy sal jou voete op hulle sit.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Luister ’n bietjie, het God ooit dít van die hemelse wesens gesê: “Sit hier op die spesiale ereplek langs My tot Ek al jou vyande magteloos voor jou laat lê”?