Hebrews 1:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Is hulle nie almal dienende geeste wat uitgestuur is om te dien vir die wat erfgename van die saligheid sal wees nie?
Afrikaans (NLV) 2011
Die engele is tog maar net diensknegte. Hulle is geestelike wesens wat God uitstuur in belang van daardie mense wat verlos gaan word.
Afrikaans 1933/1953
Is hulle nie almal dienende geeste wat vir diens uitgestuur word ter wille van die wat die saligheid sal beërwe nie?
Afrikaans 1983
Is hulle dan nie almal geeste in diens van God, wat Hy uitstuur om dié te dien wat die saligheid gaan beërf nie?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Is hulle nie almal dienende geeste, wat uitgestuur word ter wille daarvan om hulle wat die verlossing sal beërf, by te staan nie?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Nee, Hy het dit nie vir die engele gesê nie. Want hulle is almal geeste wat vir God werk, en Hy stuur hulle om die mense te help, want God wil die mense red.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Is die hemelse wesens nie eintlik maar net geeste wat God stuur om sy mense te help nie?