Hebrews 1:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Hy het in hierdie laaste dae tot ons gespreek deur sy Seun, wat Hy as erfgenaam van alle dinge aangestel het, deur wie Hy ook die wêreld gemaak het;
Afrikaans (NLV) 2011
Maar nou, in hierdie laaste dae, het Hy met ons gepraat deur sy Seun. God het Hom bestem om die erfgenaam van alles te wees; trouens, Hy het deur Jesus Christus ook die wêreld en alles wat daarin is, gemaak.
Afrikaans 1933/1953
wat Hy as erfgenaam van alles aangestel het, deur wie Hy ook die wêreld gemaak het.
Afrikaans 1983
maar nou, in hierdie laaste dae, het Hy met ons gepraat deur die Seun. God het Hom deur wie Hy die wêreld geskep het, ook erfgenaam van alles gemaak.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
maar in hierdie eindtyd het Hy met ons gepraat deur sy Seun. Hom het Hy aangestel as erfgenaam van alle dinge, en deur Hom het Hy ook die wêreld geskep.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Maar nou aan die einde van hierdie tyd het God sy Seun gestuur. Só het God met ons gepraat. God het besluit dat die Seun alles moet erf, want God en die Seun het die hemel en die aarde gemaak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Maar die tyd is nou ryp dat God sy mense weer naby aan Hom wil bring. Daarom het Hy met ons kom praat deur sy Seun, aan wie God alles gegee het. Deur hierdie Seun het God alles gemaak wat bestaan.