Hebrews 1:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Hy is soveel beter gemaak as die engele, omdat Hy 'n voortrefliker naam as hulle verkry het.
Afrikaans (NLV) 2011
Jesus Christus is oneindig groter as die engele, net soos die erenaam van Seun wat Hy gekry het, baie heerliker is as dié van die engele.
Afrikaans 1933/1953
terwyl Hy soveel uitnemender geword het as die engele namate Hy 'n voortrefliker naam geërf het as hulle.
Afrikaans 1983
Hy is net so verhewe bo die engele as wat die Naam wat God Hom gegee het, voortrefliker is as hulle naam.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hy is hoog bo die engele verhef, net soos wat Hy 'n Naam geërf het wat uitnemender as hulle s'n is.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die Seun het belangriker geword as die engele. Daarom het God vir Hom 'n Naam gegee wat belangriker is as die naam van die engele.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Daar sit Hy nou op die ereplek langs God. God het Hom belangriker as enige ander hemelse wese gemaak. Daar is nie ’n hemelse wese wat in status of posisie naby die Seun kom nie. Hy is eenvoudig baie groter as hulle.