Hebrews 1:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Want aan wie van die engele het Hy ooit gesê: U is my Seun, vandag het Ek U gegenereer? En weer, Ek sal vir Hom 'n Vader wees, en Hy sal vir My 'n Seun wees?
Afrikaans (NLV) 2011
God het tog nooit vir enige engel gesê wat Hy vir Jesus gesê het nie: “Jy is my Seun. Vandag het Ek jou Vader geword.” Op ’n ander plek sê God weer: “Ek sal sy Vader wees, en Hy sal my Seun wees.”
Afrikaans 1933/1953
Want aan wie van die engele het Hy ooit gesê: U is my Seun, vandag het Ek U gegenereer? en weer: Ek sal vir Hom 'n Vader wees, en Hy sal vir My 'n Seun wees?
Afrikaans 1983
Immers, aan wie van die engele het God ooit gesê: “Jy is my Seun, van vandag af is Ek jou Vader,” en ook: “Ek sal sy Vader wees, en Hy sal my Seun wees”?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Want aan wie van die engele het Hy ooit gesê: “Jy is my Seun; vandag het Ek jou verwek.” En ook: “Ek sal vir Hom 'n Vader wees, en Hy sal vir My 'n Seun wees.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die Seun van God is belangriker as die engele, want God het nooit vir een van die engele hierdie woorde gesê nie: Jy is my Seun, Ek is van vandag af jou Vader. En ook nie: Ek sal vir Hom soos 'n pa wees en Hy sal vir My soos 'n seun wees.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Daar is nie enige hemelse wese oor wie God ooit die dinge gesê het wat Hy oor sy Seun gesê het nie. Vir wie van hulle het Hy ooit gesê: “Jy is my Seun; Ek is jou Vader van vandag af,” of: “Ek is sy Vader en Hy is my Seun”?