Hebrews 1:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En weer, wanneer Hy die Eersgeborene in die wêreld inbring, sê Hy: En laat al die engele van God Hom aanbid.
Afrikaans (NLV) 2011
En wanneer God die Eersgeborene in die wêreld inbring, sê Hy: “En laat al die engele van God Hom aanbid.”
Afrikaans 1933/1953
En wanneer Hy weer die Eersgeborene in die wêreld inbring, sê Hy: En al die engele van God moet Hom aanbid.
Afrikaans 1983
En wanneer God die Eersgeborene in die wêreld inbring, sê Hy: “Al die engele van God moet Hom aanbid.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Maar wanneer Hy die •Eersgeborene weer in die wêreld inlei, sê Hy: “En laat al die engele van God Hom aanbid.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
God het ook gepraat toe Hy die Seun, wat belangriker is as almal, ingebring het in die hemel, die hemel wat nie verander nie en wat altyd daar sal wees. God het gesê: Al die engele van God moet Hom aanbid.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
God het hierdie Seun van Hom die spesiale ereposisie as die oudste Seun gegee. Dit is ’n besondere voorreg. God sê dan: “Al die hemelse wesens moet Hom dien soos hulle My dien.”