Hebrews 1:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
U het geregtigheid liefgehad en ongeregtigheid gehaat; daarom het God, jou God, jou gesalf met vreugde-olie bo jou metgeselle.
Afrikaans (NLV) 2011
U het lief wat reg is en U haat wat verkeerd is. Daarom het, o God, u God U met jubelende vreugde tot koning gesalf — ver verhewe bo almal saam met U.”
Afrikaans 1933/1953
U het geregtigheid liefgehad en ongeregtigheid gehaat; daarom het, o God, u God U gesalf met vreugde-olie bo u metgeselle;
Afrikaans 1983
U het die reg lief en U haat die onreg. Daarom het God, u God, U onder groot vreugde tot Koning gesalf bo u tydgenote.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
U het •geregtigheid lief, en U haat wetteloosheid; daarom, o God, het u God U gesalf met olie van vreugde, meer as u vriende.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
U was lief vir wat reg is en U het gehaat wat verkeerd is. Daarom, o God, het u God vir U gesalf en Hy het vir U meer vreugde gegee as vir ander konings.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
U hou van dinge wat reg is en wil niks te doen hê met dinge wat verkeerd is nie. God het U gevra om oor alles te heers, terwyl almal baie bly was daaroor. Nie een van die ander wat saam met U daar was, het ’n kans gestaan nie.”