Hebrews 10:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Want deur een offer het Hy die wat geheilig is, vir ewig volmaak.
Afrikaans (NLV) 2011
Deur sy een offer het Hy al sy mense vir altyd volmaak geheilig.
Afrikaans 1933/1953
Want deur een offer het Hy vir altyd volmaak die wat geheilig word.
Afrikaans 1983
Deur die één offer het Hy dié wat vir God afgesonder word, vir altyd volkome van sonde vry gemaak.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Want deur een offer het Hy hulle wat geheilig word, vir altyd vervolmaak.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Want omdat Hy één offer gebring het vir almal, het Hy die mense wat aan God gewy is, heeltemal gereinig.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Deur daardie een offer van Hom het Hy alles honderd persent by God reggemaak vir elkeen wat God spesiaal Syne gemaak het.