Hebrews 10:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe sê hy: Kyk, ek kom om u wil te doen, o God. Hy neem die eerste weg, om die tweede te bevestig.
Afrikaans (NLV) 2011
Daarna sê Hy: “Kyk, Ek het gekom om u wil uit te voer.” Hy skaf dus die eerste reëling af om dit met ’n tweede een te vervang.
Afrikaans 1933/1953
het Hy daarna gesê: Kyk, Ek kom om u wil te doen, o God. Hy neem die eerste weg om die tweede te stel.
Afrikaans 1983
Daarna sê Hy: “Kyk, Ek het gekom om u wil te doen.” Hy skaf dus die eerste offers af om 'n ander offer in die plek daarvan te stel.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Dan sê Hy: “Kyk, hier is Ek om u wil te doen!” Hy beëindig die eerste, sodat Hy die tweede tot stand kan bring.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Daarna het Christus gesê: “Kyk, Ek het gekom om te doen wat U wil hê.” So stop Christus die eerste soort offer en Hy bring die tweede soort offer in daardie offers se plek.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Toe het Hy gesê: “Kyk, Ek kom om alles te doen wat U wil hê Ek moet doen.” Hy het die ou offers eenkant toe geskuif om sy eie offer te bring.