Hebrews 12:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En so verskriklik was die gesig dat Moses gesê het: Ek is baie bang en bewe!
Afrikaans (NLV) 2011
Ja, so angswekkend was die aanskoue van alles dat Moses uitgeroep het: “Ek is absoluut verskrik, ek bewe van angs!”
Afrikaans 1933/1953
En Moses, so vreeslik was die gesig, het gesê: Ek is verskrik en ek sidder.
Afrikaans 1983
So angswekkend was die verskynsel dat Moses uitgeroep het: “Ek sidder van angs!”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
En so angswekkend was die verskynsel, dat Moses gesê het: “Ek is beangs, en ek sidder!”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die dinge wat hulle gesien het, het hulle so bang gemaak dat Moses gesê het: “ Ek bewe, ek is baie bang.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Alles wat daar by die berg gebeur het, was so skrikwekkend dat selfs Moses geskree het: “Ek staan en ruk, so bang is ek.”