Hebrews 13:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Die huwelik is in almal eerbaar, en die bed onbesmet; maar hoereerders en egbrekers sal God oordeel.
Afrikaans (NLV) 2011
Respekteer die huwelik in alle omstandighede. Wees getrou aan julle huweliksmaats. God sal almal wat immoreel lewe en in die huwelik ontrou is, in die oordeel bring.
Afrikaans 1933/1953
Laat die huwelik in alle opsigte eerbaar wees en die bed onbesmet; want God sal hoereerders en egbrekers oordeel.
Afrikaans 1983
Die huwelik moet deur almal eerbaar gehou word. Wees in die huwelikslewe getrou aan mekaar, want ontugtiges en egbrekers sal onder die oordeel van God kom.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die huwelik moet in alle opsigte eerbaar gehou word, en die huweliksbed moet onbesoedeld wees, want God sal hoereerders en egbrekers oordeel.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Almal moet die huwelik respekteer, en mans en vrouens wat getroud is, moet net aan mekaar behoort, want God sal mense oordeel wat onsedelik lewe en egbreuk pleeg.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Mense wat getroud is, moet die huweliksband respekteer en mag nie rondslaap nie. God self sal afreken met mense wat rondslaap of seksueel verkeerde dinge doen.