Hebrews 2:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Want hy wat heilig sowel as die wat geheilig word, is almal uit een; daarom is hy nie skaam om hulle broers te noem nie,
Afrikaans (NLV) 2011
Nou is dit so dat sowel Jesus — dié Een wat geheilig is — as almal wat deur Hom geheilig word, dieselfde Vader het. Dit is waarom Jesus nie huiwer om hulle sy broers en susters te noem nie.
Afrikaans 1933/1953
Want Hy wat heilig maak, sowel as hulle wat geheilig word, is almal uit Een; om hierdie rede skaam Hy Hom nie om hulle broeders te noem nie,
Afrikaans 1983
Hy wat heilig maak, sowel as die mense wat geheilig word, is almal uit een Vader. Om hierdie rede is Jesus nie skaam om hulle sy broers te noem nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Want sowel Hy wat heilig maak as hulle wat heilig gemaak word, is almal uit Een. Om hierdie rede is Jesus nie skaam om hulle sy broers te noem nie,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ja, Jesus wy mense om aan Hom te behoort, en die mense wat Hy wy, het almal dieselfde Vader. Daarom is Jesus nie skaam om hulle broer te wees nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Dit is Jesus wat sorg dat mense na God toe mag gaan, en die mense wat deur Jesus vir God aanvaarbaar gemaak word, behoort aan dieselfde gesin. Daarom is Jesus nie skaam om hulle sy broers en susters te noem en hulle so te behandel nie.