Hebrews 2:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
en gesê: Ek sal u naam aan my broers verkondig, te midde van die gemeente sal ek tot eer van u sing.
Afrikaans (NLV) 2011
Want Hy sê vir God: “Ek sal u Naam bekendmaak aan my broers en susters. Ek sal in u gemeente u lof besing.”
Afrikaans 1933/1953
wanneer Hy sê: Ek sal u Naam aan my broeders verkondig, in die midde van die gemeente sal Ek U prys;
Afrikaans 1983
Hy sê tog: “Ek sal u Naam aan my broers bekend maak, in die samekoms van die gemeente sal Ek u lof besing.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
wanneer Hy sê: “Ek sal u Naam aan my broers verkondig, in die byeenkoms sal Ek u lof besing!”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Want Jesus sê: Ek sal vir my vriende vertel wat U gedoen het, Ek sal U prys daar waar hulle bymekaar is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hy sê: “Ek sal my broers en susters alles vertel wat Ek van U weet. Waar almal saam is, sal Ek liedere sing wat vertel hoe groot en belangrik U werklik is.”