Hebrews 2:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En weer, ek sal my vertroue op hom stel. En verder: Kyk, ek en die kinders wat God my gegee het.
Afrikaans (NLV) 2011
Hy sê ook: “Ek sal vas op Hom vertrou.” En verder: “Hier is Ek saam met die kinders wat God My gegee het.”
Afrikaans 1933/1953
en verder: Ek sal my vertroue op Hom stel; en verder: Hier is Ek en die kinders wat God My gegee het.
Afrikaans 1983
Ook sê Hy: “Ek sal altyd op Hom vertrou.” En verder: “Hier is Ek met die kinders wat God My gegee het.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
En ook: “Ek sal my vertroue steeds in Hom stel.” En ook: “Kyk, hier is Ek en die kinders wat God My gegee het!”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
En Jesus sê ook: Ek sal aanhou om op Hom te vertrou, en Hier is Ek en die kinders wat God vir My gegee het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Dit het Hy ook nog oor die familie gesê: “Ook Ek vertrou God altyd,” en: “Kyk, hier is Ek en al die kinders wat God My gegee het.”