Hebrews 2:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En verlos hulle wat uit vrees vir die dood hulle hele lewe lank aan slawerny onderworpe was.
Afrikaans (NLV) 2011
Net op hierdie manier kon Hy dié vrymaak wat hulle lewe lank uit vrees vir die dood in slawerny vasgevang gesit het.
Afrikaans 1933/1953
en almal kon bevry wat hulle hele lewe lank uit vrees vir die dood aan slawerny onderworpe was.
Afrikaans 1983
en om hulle wat uit vrees vir die dood hulle hele lewe lank in slawerny was, te bevry.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
en sodat Hy hulle wat uit vrees vir die dood hulle lewe lank in slawerny verkeer het, kon bevry.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Jesus het 'n mens geword sodat Hy al die mense vry kon maak wat hulle hele lewe lank soos slawe was omdat hulle bang was om te sterf.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
So het Jesus die mense vrygemaak van die vrees wat hulle altyd nog vir die dood gehad het.