Hebrews 2:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Hoe sal ons ontvlug as ons so groot verlossing verontagsaam; wat eers deur die Here gespreek is en aan ons bevestig is deur die wat Hom gehoor het;
Afrikaans (NLV) 2011
Hoe sal ons ontvlug as ons ons rug op so ’n groot saligheid draai — ’n boodskap wat ons Here Jesus eerste begin verkondig het en wat daarna deur dié wat Hom gehoor het, aan ons bekragtig is,
Afrikaans 1933/1953
hoe sal ons ontvlug as ons so 'n groot saligheid veronagsaam wat, nadat dit eers deur die Here verkondig is, aan ons bevestig is deur die wat dit gehoor het,
Afrikaans 1983
hoe sal ons dan ontkom as ons so 'n groot saligheid verontagsaam het? Hierdie saligheid is immers deur die Here verkondig, deur wie dit sy oorsprong het, en is aan ons bevestig deur dié wat dit gehoor het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
hoe sal ons ontvlug as ons so 'n groot verlossing verontagsaam? Hierdie verlossing is eers deur die Here verkondig, en daarna aan ons bevestig deur hulle wat dit gehoor het,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ons sal ook nie kan vlug wanneer God ons straf omdat ons nie wil hê dat Hy ons moet red nie. God het ons op 'n wonderlike manier gered. Hy het dit in die begin self vir ons vertel, en die mense wat dit gehoor het, het ook vir ons vertel dat die Here ons wil red en dat dit seker is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
As dit so was, watter kans het ons dan om los te kom as ons die wonderlike verlossing ignoreer wat Jesus bring? Die Here het self begin om mense te vertel hoe hulle weer by God kan uitkom. Mense wat Hom hierdie dinge hoor sê het, het dit weer vir ons kom vertel. Daarom weet ons dit is waar.