Hebrews 2:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
wat God ook van hulle getuig, beide deur tekens en wonders en met allerhande wonders en gawes van die Heilige Gees, volgens sy eie wil?
Afrikaans (NLV) 2011
terwyl God dit nog verder bevestig deur tekens en wonderwerke, deur allerlei kragtige dade en deur gawes van die Heilige Gees toe te bedeel soos Hy dit goedvind.
Afrikaans 1933/1953
terwyl God ook nog saam getuig het deur tekens en wonders en allerhande kragtige dade en bed,linge van die Heilige Gees volgens sy wil?
Afrikaans 1983
Daarby het God ook saam getuig deur tekens en wonders en ook deur allerhande kragtige dade en gawes van die Heilige Gees, soos Hy dit toebedeel het volgens sy wil.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
terwyl God dit verder bevestig het deur tekens en wonders en allerhande kragtige dade, en deur gawes van die Heilige Gees, wat uitgedeel is soos Hy dit goedgevind het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
God het ook saam met die mense getuig toe Hy wondertekens en tekens en baie wonderwerke gedoen het. God het ook getuig toe Hy self die Heilige Gees gegee het vir mense. Hy het besluit wat Hy vir elkeen wil gee.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
God self het ook beklemtoon dat dit waar is deur wonderlike dinge en allerhande tekens daarmee saam te laat gebeur. Hy het ook deur die Heilige Gees aan die gelowiges baie spesiale geestelike geskenke gegee soos Hy gevoel het Hy wil doen.