Hebrews 2:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
U het hom 'n bietjie minder gemaak as die engele; U het hom met heerlikheid en eer gekroon en hom oor die werke van u hande aangestel.
Afrikaans (NLV) 2011
Vir ’n klein rukkie het U hom minder gemaak as die engele; U het hom met heerlikheid en eer gekroon.
Afrikaans 1933/1953
U het hom 'n weinig minder as die engele gemaak; met heerlikheid en eer het U hom gekroon en hom oor die werke van u hande aangestel.
Afrikaans 1983
U het hom 'n kort tydjie minder as die engele gemaak; U het hom met heerlikheid en eer gekroon;
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
U het hom vir 'n kort rukkie minder as engele gemaak, en hom met heerlikheid en eer gekroon;
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
U het die mens vir 'n kort tydjie minder belangrik gemaak as engele, maar U het vir die mens eer gegee en U het hom belangrik gemaak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
En tog, U het die mens vir ’n rukkie ’n laer posisie as die hemelse wesens gegee. U het egter vir die mens die eer gegee wat net konings het.