Hebrews 2:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
U het alles aan sy voete onderwerp. Want deurdat hy alles aan hom onderwerp het, het hy niks nagelaat wat hom nie onderworpe is nie. Maar nou sien ons nog nie alle dinge onder Hom geplaas nie.
Afrikaans (NLV) 2011
U het alles onder sy beheer geplaas.” Wanneer die Skrif sê “alles” is onder die mens se beheer geplaas, beteken dit werklik álles. Tog sien ons nou nog glad nie dat alles reeds onder die mens se beheer is nie.
Afrikaans 1933/1953
Alle dinge het U onder sy voete gestel. Want in die onderwerping van alle dinge aan hom het Hy niks uitgesonder wat aan hom nie onderworpe is nie. Maar nou sien ons nog nie dat alle dinge aan hom onderwerp is nie;
Afrikaans 1983
U het alles aan hom onderwerp.” By die onderwerping van alle dinge aan die mens is niks uitgesluit nie. Alles is aan hom onderwerp. Nou sien ons nog nie dat alle dinge reeds aan die mens onderwerp is nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
U het alles onder sy voete gestel. ” Deur alles aan hom te onderwerp, het Hy immers niks oorgeslaan wat nie aan hom onderwerp is nie. Nou sien ons egter nog nie dat alles aan hom onderwerp is nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
U laat hom regeer oor alles wat U gemaak het. Toe God gesê het dat die mense kan regeer oor alles wat Hy gemaak het, het God niks gelos waaroor die mense nie kon regeer nie. Maar ons sien nog nie dat die mense oor alles regeer nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
U het alles vir hom gegee om oor te regeer.” As die Skrif sê dat God alles aan die mens gegee het om oor te regeer, beteken dit álles, sonder enige uitsondering. Soos dit op die oomblik lyk, regeer die mens nog nie oor alles nie.