Hebrews 2:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Maar ons sien Jesus, wat 'n bietjie minder as die engele gemaak is weens die lyding van die dood, met heerlikheid en eer gekroon; dat hy deur die genade van God vir elke mens die dood sou smaak.
Afrikaans (NLV) 2011
Maar ons sien wel vir Jésus. Vir “’n klein rukkie” is Hý “minder gemaak as die engele”, maar nou is Hy “met heerlikheid en eer gekroon” omdat Hy vir ons die doodslyding deurgemaak het. Ja, Hy het deur God se genade vir elke mens gesterf.
Afrikaans 1933/1953
maar ons sien Hom, naamlik Jesus, wat vir 'n kort tydjie minder as die engele gemaak is, vanweë die lyde van die dood met heerlikheid en eer gekroon, sodat Hy deur die genade van God vir elkeen die dood sou smaak.
Afrikaans 1983
Maar ons sien Jesus, met eer en heerlikheid gekroon op grond van sy lyding en dood. Hy is 'n kort tydjie minder gemaak as die engele, sodat Hy deur die genade van God vir almal sou sterwe.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Maar ons sien Jesus, met heerlikheid en eer gekroon, Hy wat deur sy lyding tot in die dood vir 'n kort rukkie minder as die engele gemaak is, sodat Hy, deur God se genade, ter wille van almal die dood sou ervaar.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Nee, ons sien vir Jesus, en God het Hom vir 'n kort tydjie minder belangrik gemaak as die engele. Maar Jesus het baie swaar gekry en Hy het gesterf, daarom het God vir Hom eer gegee en God het Hom belangrik gemaak. Jesus het gesterf sodat elke mens kan lewe omdat God baie goed is vir mense.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Daar is egter een uitsondering en dit is Jesus. Ons sien dat Hy vir ’n kort rukkie ’n laer posisie as die hemelse wesens gehad het. Hy het selfs gely en is doodgemaak.