Hebrews 3:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Daarom, heilige broeders, deelgenote van die hemelse roeping, let op die Apostel en Hoëpriester van ons belydenis, Christus Jesus;
Afrikaans (NLV) 2011
En nou, broers en susters — julle wat aan God behoort en vir die hemel bestem is — fokus nou skerp op hierdie Jesus van wie ons bely dat Hy Apostel en Hoofpriester is.
Afrikaans 1933/1953
Daarom, heilige broeders, deelgenote van die hemelse roeping, let op die Apostel en Hoëpriester van ons belydenis, Christus Jesus,
Afrikaans 1983
Daarom, broers wat vir die Here afgesonder is en deelgenote is van die hemelse roeping, moet julle noukeurig let op Jesus, die Apostel en Hoëpriester van die geloof wat ons bely.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Daarom, heilige broers, deelgenote van 'n hemelse roeping, let noukeurig op Jesus, die Apostel en Hoëpriester van ons belydenis –
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
My vriende wat saam met my aan Christus behoort, God het vir julle ook gekies, en daarom moet julle onthou dat ons wat glo, sê dat Jesus ons Apostel en Hoëpriester is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
My broers en susters, God het julle geroep om net Syne te wees. Laat Jesus daarom die fokus van julle lewe wees. Konsentreer op wat Hy wil hê, want ons almal stem saam dat God Hom gestuur het en dat Hy as Hoëpriester ons saak by God moet gaan stel. Dit vertel ons ook vir ander mense.