Hebrews 3:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Pas op, broeders, dat daar nie in een van julle 'n bose hart van ongeloof is deurdat hy van die lewende God afwyk nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Wees dan versigtig, broers en susters. Maak seker dat daar nie by enigeen van julle ’n verkeerde gesindheid van ongeloof posvat wat julle vervreem van die lewende God nie.
Afrikaans 1933/1953
Sorg daarvoor, broeders, dat daar nie miskien in een van julle 'n bose en ongelowige hart is deurdat hy van die lewende God afvallig word nie.
Afrikaans 1983
Broers, julle moet toesien dat daar nooit by een van julle 'n verkeerde gesindheid van ongeloof ontstaan en hy van die lewende God afvallig word nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Broers, waak daarteen dat nie een van julle ooit 'n bose hart vol ongeloof kry deur van die lewende God afvallig te word nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
My vriende, daarom moet julle oppas dat nie een van julle so sleg en opstandig word dat julle ophou om te glo in die God wat lewe nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Wees daarom wakker, my broers en susters. Maak seker dat daar nie iemand onder julle is wat so in die sonde baljaar dat hy die pad na die lewende God byster raak omdat hy God nie meer vertrou nie.