Hebrews 3:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Want ons het deelgenote aan Christus geword as ons die begin van ons vertroue tot die einde toe volhard;
Afrikaans (NLV) 2011
Want as ons enduit stewig bly vashou aan die vertroue op God waarmee ons oorspronklik begin het, het ons deelgenote geword van alles wat aan Christus behoort.
Afrikaans 1933/1953
Want ons het deelgenote van Christus geword, as ons net die begin van ons vertroue tot die einde toe onwrikbaar vashou;
Afrikaans 1983
Ons behou deel aan Christus as ons end-uit volhard in die vertroue waarmee ons begin het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ons het inderdaad deelgenote van •Christus geword, mits ons enduit stewig bly vashou aan ons aanvanklike geloofsvertroue –
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Want ons is Christus se vriende en ons werk saam met Hom as ons tot aan die einde aanhou om vas te hou aan die dinge wat ons in die begin geglo het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Wat Christus s’n is, is ons s’n as ons enduit vasberade op God bly vertrou soos ons dit aan die begin gedoen het.