Hebrews 3:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Want sommige het, toe hulle dit gehoor het, uitgelok, maar nie almal wat deur Moses uit Egipte gekom het nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Wie was daardie mense wat gerebelleer het alhoewel hulle God se stem gehoor het? Was hulle nie die mense vir wie Moses uit Egipte gelei het nie?
Afrikaans 1933/1953
Wie was dit dan wat gehoor het en Hom verbitter het? Was dit nie almal wat onder leiding van Moses uit Egipte gegaan het nie?
Afrikaans 1983
Wie was dit dan wat gehoor het en tog in opstand gekom het? Was dit nie hulle almal wat onder leiding van Moses uit Egipte getrek het nie?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Wie was dit wat gehoor het, maar nietemin in opstand gekom het? Was dit nie almal wat onder leiding van Moses uit Egipte uitgetrek het nie?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Wie is daardie mense wat gehoor het wat God gesê het, maar wat opstandig was? Dit is al die mense wat saam met Moses uit die land Egipte getrek het, dit is seker.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Wie was hierdie mense met wie God gepraat en wat so teen God gedraai het? Was dit nie die einste mense vir wie Moses uit Egipte laat trek het nie?