Hebrews 3:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Maar oor wie was hy veertig jaar lank bedroef? was dit nie by die wat gesondig het nie, wie se lyke in die woestyn geval het?
Afrikaans (NLV) 2011
En vir wie was God 40 jaar lank kwaad? Was dit nie die mense wat gesondig het en wat in die woestyn omgekom het nie?
Afrikaans 1933/1953
En op wie was Hy veertig jaar lank vertoornd? Was dit nie op die wat gesondig het, wie se lyke in die woestyn geval het nie?
Afrikaans 1983
En van wie het God veertig jaar lank 'n afkeer gehad? Was dit nie van hulle wat gesondig het en wie se dooie liggame in die woestyn agtergebly het nie?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Op wie was Hy veertig jaar lank toornig? Was dit nie op hulle wat gesondig het, wie se lyke in die woestyn gelê het nie?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Vir wie was God 40 jaar lank kwaad? Hy was kwaad vir die mense wat sonde gedoen het, daardie mense se dooie liggame het in die woestyn gelê.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
En met wie het God se geduld in die 40 jaar opgeraak? Was dit nie die mense wat nie wou doen wat God vra nie? Hulle is toe mos net daar in die woestyn dood.