Hebrews 3:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En aan wie het Hy gesweer dat hulle nie in sy rus sou ingaan nie, behalwe aan die wat nie glo nie?
Afrikaans (NLV) 2011
Oor wie het God met ’n eed verklaar dat hulle nie sy land van rus sal binnegaan nie? Was dit nie juis hulle wat aan Hom ongehoorsaam was nie?
Afrikaans 1933/1953
En aan wie het Hy gesweer dat hulle in sy rus nie sal ingaan nie, behalwe aan die ongehoorsames?
Afrikaans 1983
Oor wie anders as dié wat ongehoorsaam was, het Hy 'n eed afgelê dat hulle nie in sy rus sou ingaan nie?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Vir wie, behalwe hulle wat ongehoorsaam was, het Hy gesweer dat hulle beslis nie in sy rus sal ingaan nie?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
God het gesê: “ So seker soos Ek lewe, hulle sal nie kom in die land waar Ek hulle veilig wou laat woon en laat rus nie.” Vir wie het God dit gesê? Hy het dit gesê vir die mense wat nie geluister het na Hom nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Vir wie het God gesê dat hulle vir seker nooit sal ervaar wat dit beteken om vir ewig saam met Hom te rus nie? Ja-nee, dit was niemand anders nie as die mense wat nie na Hom wou luister nie.