Hebrews 3:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En Moses was voorwaar getrou in sy hele huis, as 'n dienskneg, vir 'n getuienis van die dinge wat daarna gespreek sou word;
Afrikaans (NLV) 2011
Moses was getrou in die hele huis van God, maar dan net as dienaar. Sy werk moes getuig van die waarhede wat God later sou uitspreek.
Afrikaans 1933/1953
En Moses was wel getrou in sy hele huis as 'n dienaar, om te getuig van wat nog gespreek sou word,
Afrikaans 1983
Moses was as dienaar getrou in die hele huis van God en moes getuig van die dinge wat God nog sou sê.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Moses was wel as tempeldienaar getrou in God se hele huis, tot 'n getuienis van wat verkondig sou word,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Dit is waar dat Moses alles goed gedoen het vir almal wat aan God behoort. Moses het alles gedoen soos iemand wat vir ander mense werk. Hy het dit gedoen sodat hy vir hulle kon vertel van al die dinge wat God later vir hulle sal sê.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Moses was soos ’n getroue werker in God se huis. Hy het mense ook vertel van al die dinge wat God nog in die toekoms sou sê.