Hebrews 3:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Verhard julle harte nie soos in die terging, op die dag van versoeking in die woestyn nie.
Afrikaans (NLV) 2011
moet julle nie julle harte verhard soos Israel gedoen het toe hulle gerebelleer het nie, toe hulle God se geduld in die woestyn getoets het.
Afrikaans 1933/1953
verhard julle harte nie soos in die verbittering, in die dag van die versoeking in die woestyn nie,
Afrikaans 1983
moet julle nie hardkoppig wees nie, soos julle voorvaders toe hulle in opstand gekom het en My in die woestyn op die proef gestel het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
moenie julle harte verhard, soos tydens die opstand die dag van versoeking in die woestyn,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
dan moet julle nie hardkoppig wees nie, soos toe julle opstandig was teen God op die dag toe julle vir Hom in die woestyn getoets het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
moet julle nie ignoreer wat Hy sê nie. Julle voorvaders het presies dit in die woestyn gedoen - hulle het teen My gedraai en gekyk hoe ver hulle met My kan gaan voor Ek my geduld verloor. Julle moet beslis nie hulle voorbeeld volg nie.