Hosea 1:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Maar die getal van die kinders van Israel sal wees soos die sand van die see wat nie gemeet of getel kan word nie; en op die plek waar aan hulle gesê is: Julle is nie my volk nie, daar sal vir hulle gesê word: Julle is kinders van die lewende God.
Afrikaans (NLV) 2011
“Tog sal daar ’n tyd aanbreek dat Israel voorspoedig sal wees en ’n groot nasie sal word. Dan sal hulle wees soos die sand aan die see — te veel om getel te word. In plaas daarvan dat aan hulle gesê is ‘Julle is Nie-my-volk-nie’, sal gesê word ‘Julle is kinders van die lewende God’.
Afrikaans 1933/1953
Nogtans sal die getal van die kinders van Israel wees soos die sand van die see, wat nie gemeet en nie getel kan word nie; en in plaas dat aan hulle gesê word: Julle is nie my volk nie -- sal aan hulle gesê word: Julle is kinders van die lewende God.
Afrikaans 1983
Tog sal die getal van die Israeliete in die toekoms wees soos die sand van die see wat nie getel of gemeet kan word nie. Waar nou vir hulle gesê word: “Julle is Nie-my-volk-nie,” sal vir hulle gesê word: “Julle is kinders van die lewende God.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
“Maar die kinders van Israel sal so veel wees soos die sand van die see wat nie afgemeet en getel kan word nie. Op die plek waar vir hulle gesê is, ‘Julle is Lo-Ammi,’ sal vir hulle gesê word, ‘Kinders van die lewende God.’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
“Maar eendag sal die Israeliete so baie wees soos die sand by die see, 'n mens kan dit nie meet of tel nie. Ek het vir hulle gesê: ‘Julle is nie my volk nie,’ maar daardie dag sal die mense vir hulle sê: ‘Julle is kinders van die God wat lewe.’
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
“Nogtans sal die Israeliete so baie word soos die sandkorrels van die see wat ’n mens nie kan meet of kan tel nie. Ek sê nou vir hulle: julle is nie meer my volk nie. In die toekoms sal Ek weer vir hulle sê: julle behoort aan God wat altyd lewe.