Hosea 1:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Dan sal die kinders van Juda en die kinders van Israel versamel word en vir hulleself een hoof aanstel, en hulle sal uit die land optrek, want groot sal die dag van Jísreël wees.
Afrikaans (NLV) 2011
Dan sal die inwoners van Juda en Israel verenig onder een leier, en hulle sal saam na die land toe terugkeer. Dit sal ’n besondere dag wees, die groot dag van Jisreël, wanneer God weer sy mense in sy land sal plant.
Afrikaans 1933/1953
Dan sal die kinders van Juda en die kinders van Israel almal saam vergader en vir hulle een hoof aanstel en uit die land optrek; want groot is die dag van J¡sreël! [ (Hosea 1:12) Sê aan julle broers: Ammi, en aan julle susters: Rug ma. ]
Afrikaans 1983
Dan sal die Judeërs en die Israeliete weer een word en vir hulle een leier aanwys en die beheer van die land oorneem. Daardie dag sal Jisreël se val groot wees.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die kinders van Juda en die kinders van Israel sal saamkom, en vir hulle een hoof aanstel. Hulle sal uit die grond opskiet, want groot is die dag van Jisreël.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Dan sal die mense van Juda en die mense van Israel bymekaarkom en hulle sal een volk wees. Hulle sal vir hulle een leier kies en hulle sal die land terugvat. Ja, daardie dag sal daar belangrike dinge gebeur in Jisreël.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die suidelike ryk van Juda en die noordelike ryk van Israel sal dan weer bymekaar uitkom. Hulle sal saamkom en net een leier hê. By Jisreël sal hulle op daardie dag saam optrek na hierdie land toe. Hulle sal hier geplant word soos ’n boom in die grond.