Hosea 1:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Hy het toe gegaan en Gomer, die dogter van Diblaim, geneem; wat swanger geword het en vir hom 'n seun gebaar het.
Afrikaans (NLV) 2011
Hosea het toe met Gomer dogter van Diblajim getrou. Sy het swanger geword en vir Hosea ’n seun in die wêreld gebring.
Afrikaans 1933/1953
Toe het hy gegaan en Gomer, die dogter van Diblaim, geneem; en sy het swanger geword en vir hom 'n seun gebaar.
Afrikaans 1983
Hosea het toe met Gomer dogter van Diblajim gaan trou. Sy het swanger geraak en vir Hosea 'n seun in die wêreld gebring.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hy het gegaan en Gomer, dogter van Diblajim, as vrou geneem. Sy het swanger geword en vir hom 'n seun in die wêreld gebring.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Hosea het toe gegaan en hy het met Gomer getrou. Gomer was die dogter van Diblajim. Gomer het swanger geword en sy het 'n seun gekry vir Hosea.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hosea het toe vir Gomer gevat. Sy was Diblajim se dogter. Na ’n tyd het sy ’n baba verwag en ’n seuntjie is toe gebore.