Hosea 1:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe sê die HERE vir hom: Noem hom Jísreël; want nog 'n klein tydjie, en Ek sal die bloed van Jísreël wreek op die huis van Jehu en die koningskap van die huis van Israel laat ophou.
Afrikaans (NLV) 2011
Toe sê die Here: “Noem die seun Jisreël, want Ek is op die punt om koning Jehu se koningshuis te straf as vergelding vir die moorde wat hy by Jisreël gepleeg het. Trouens, Ek gaan ’n einde maak aan die koningshuis van Israel.
Afrikaans 1933/1953
En die HERE het vir hom gesê: Noem hom J¡sreël, want nog 'n klein tydjie, dan sal Ek die bloedskuld van J¡sreël aan die huis van Jehu besoek en 'n einde maak aan die koninkryk van die huis van Israel.
Afrikaans 1983
Die Here sê toe vir Hosea: Noem die seun Jisreël, want Ek gaan binnekort die koningshuis van Jehu laat boet vir die bloedbad in die stad Jisreël en Ek gaan die koningskap in Israel tot niet maak.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die Here sê toe vir hom: “Noem hom Jisreël, want nog 'n klein rukkie, dan roep Ek die huis van Jehu tot verantwoording oor die bloedbad by Jisreël. Ek gaan 'n einde maak aan die koninkryk van die huis van Israel.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die Here het toe vir Hosea gesê: “Jy moet die seun Jisreël noem, want die tyd is naby wanneer Ek die nageslag van koning Jehu sal straf. Ek sal hulle straf, want hulle het baie mense vermoor in die stad Jisreël. “Ek sal hulle koning wegvat, die land Israel sal nie meer 'n koning hê nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die Here het vir Hosea gesê: “Die seuntjie se naam moet Jisreël wees. Een van die dae gaan Ek vir koning Jehu straf omdat hy die mense by Jisreël vermoor het. Dit is nou klaarpraat met die ryk van Israel.